Jubelkoorkonsert saam met Amanda Strydom: Sondag, 5 April 2020 om 15:00

Riglyne vir lede

1. Oefentye

1.1 Normale oefentye is Dinsdagaande van 17:30 tot 19:00 in die NG Kerk-kompleks. Daar word van lede verwag om reeds teen 17:30 hul sitplekke in te neem.
1.2 Ekstra oefeninge mag dalk deur die koorleier aangevra word. Normaalweg is dit op ‘n Donderdag om 17:30 in die Da Gama NG-Kerk, tensy die optrede by ‘n ander kerk gaan wees, in welke geval alternatiewe reëlings vooraf getref sal word.

2. Drag

2.1 Drag vir optrede is swart vir mans en vroue;
2.2 Die koorleier sal voor elke optrede die kleur van bybehore bekendmaak;
2.3 Mans dra 'n swart hemp en broek met die hempsakdoeke wat deur die koor aan hulle verskaf word;
2.4 Vroue dra juweliersware in dié voorafbepaalde kleur, maar nie lang serpe of oorgroot blomme nie en
2.5 Blomme of borspelde word op die linkerkant van die bloes/rok in die skouerholte, tussen die skouer en die nek gespeld.

3. Afwesigheid

3.1 Daar word van koorlede verwag om een van die volgende persone vooraf te kontak indien hulle gaan afwesig wees: Wilma Koekemoer: 083/604-1709 óf Daan Calitz: 082/878-1864;
3.2 As ‘n koorlid afwesig is, word daar van so ‘n lid verwag om ‘n medekoorlid vóór die volgende oefening te skakel aangaande instruksies oor koorstukke se vertolking en ander reëlings wat dalk in dié se afwesigheid bekendgemaak is;
3.3 Daar word van koorlede verwag om reëlings te tref met ‘n medekoorlid wat langs hulle sit om ‘n ekstra kopie van nuwe koorstukke namens hulle te neem. Die afwesige koorlid moet dan self reël om die koorstukke by sy/haar medekoorlid te gaan haal en
3.4 Reëlings kan getref word met die onderstaande persone om ‘n kopie te kry van ou koorstukke, wat weer ingestudeer word: Adri Fouché: 072/281-3898 Myra Bosch: 082/442-0556.

4. Dissipline

4.1 Tydens oefeninge:
4.1.1 Daar word van koorlede verwag om dadelik hul plekke in te neem voor ‘n oefening;
4.1.2 Tydens die oefening word koorlede versoek om nie te gesels nie maar te fokus op die koorleier se instruksies;
4.1.3 Koorlede word verwag om te alle tye ‘n skryfding byderhand te hê en om vertolkings-instruksies neer te skryf en
4.1.4 Daar word verwag dat koorlede tuis die koorstukke sal instudeer sodat die koorleier tydens die kooroefening hoofsaaklik op vertolking kan konsentreer.

4.2 Tydens optredes:
4.2.1 Afhangende van die aard van die optrede:
• Neem koorlede hul sitplekke in onder langs die orrel in die volgorde waarin hulle staan tydens optrede. Hulle stap dan op met hulle hande langs hulle sye en hulle lêers in hulle linkerhande met die rugkant na onder, óf
• Koorlede vorm rye in die konsistorie en stap dan op met lêers in hulle linkerhande, wag tot almal voor hulle sitplekke staan, en gaan sit dan almal tegelyk.
4.2.2 Koorlede word versoek om nie te gesels as hulle eers op die verhoog is nie.

5. Kennisgewings

‘n Whatsappgroep is geskep ten einde boodskappe rakende kooraangeleenthede deur te gee:
5.1 Moet asseblief nie enigsins reageer op boodskappe nie - asseblief nie eers met "emoticons" nie. Skakel eerder met die koorleier persoonlik of met een van die koorkomiteelede;
5.2 Moet asseblief nie self enige boodskappe op die groep plaas alvorens jy toestemming daarvoor gekry het by die koorleier nie;
5.3 As jou selnommer nog nie op die stelsel gelaai is nie, skakel asseblief persoonlik met die koorleier, Annatjie Smit: 082/657-2324 of 042/296-2936 óf die koorkomiteevoorsitter, Myra Bosch: 082/442-0556 of 042/293-4080.

6. Ledegeld

Koorledegeld beloop R50 per jaar, betaalbaar in die eerste kwartaal van die jaar, óf in die maand waarin jy aangesluit het. Plaas die geld in ‘n koevert met jou naam, “ledegeld” en die hoeveelheid geld buite op die koevert geskryf en gee dit aan Adri Fouché (Koorkomitee – finansies).

Dankie dat jy meewerk om alles vlot te laat verloop sodat ons deur middel van geordende en gevoelvolle koorsang mense se harte kan roer en hul lewens kan verryk.