Jubelkoorkonsert saam met Amanda Strydom: Sondag, 5 April 2020 om 15:00

12.8.19

Jubelkoor op die internet

Die Jubelkoor is nou op die internet. Mense in enige plek in die wêreld kan nou sien wie en wat ons is.  Vertel jou familie en vriende hiervan.  Ons adres is: www.jubelkoor.blogspot.com

Om dit maklik te bereik, kan jy in "Google Search" bloot jubelkoor tik. Vind Jubelkoor Jeffreysbaai en klik daarop.

Om mee te begin, verskyn daar drie berigte. Rol jou muis se wielietjie en ontdek ons.

'n Webjoernaal is normaalweg maklik om te bemeester. Klik hier en daar en kyk wat gebeur.  Niks sal verdwyn nie en jou rekenaar sal niks oorkom nie. Die blou opskrifte langs "TUISBLAD" het waardevolle inligting. Speel rond, klik daarop en ontgin.

Koorlede het ‘n rukkie terug WhatsApp baasgeraak.  Dié webjoernaal is nog makliker.

WhatsApp het ons kommunikasie aansienlik makliker gemaak. Wie onthou nog die belkettings, en hoe ons planne geprakseer het om te keer dat 'n boodskap in die niet verdwyn as een van die skakels “gebreek” het.

Maar met die webjoernaal pak ons iets nuut aan.  Ons gaan die koornuus op een plek kan lees. Ons gaan foto's van ons akitiwiteite plaas.  En video's, waar moontlik.  Alle stories bly permanent op die webjoernaal.  Ons kan enige tyd teruggaan en ons geheue verfris met nuus uit die verlede.

Koorlede is ook welkom om briewe (e-posse) en/of foto's te stuur, solank dit met die koor verband hou.

Die grootste voordeel van die webjoernaal is dat ons geskiedenis bewaar word en ons maklik toegang daartoe het om dit enige tyd te kyk of vir ons geliefdes naby of ver te stuur.

Laastens: ons kan ons webjoernaal maklik vanaf ons selfone oopmaak. Bêre dit as 'n sogenaamde "bookmark" vir maklike toegang.  As jy nie weet hoe nie, vra die buurman se kind.